Ontsmetting

Outoklaaf

Met ontsmetting word bedoel die onskadelik maak van siektekieme op die veloppervlak of ander voorwerpe. Verskeie middels word vandag vir ontsmetting gebruik, waarvan jodiumtinktuur steeds een van die doeltreffendste is.

Instrumente word gesteriliseer deur middel van hitte of bestraling, wat alle patogene organismes vernietig. Tot aan die einde van die 19e eeu is operasies sonder ontsmetting uitgevoer en die oorsake van die ernstige wondinfeksies wat voorgekom het, was onbekend.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy